Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Campbell, Roy (Ignatius Roy Dunnachie)
Campbell, Roy (Ignatius Roy Dunnachie) [boodskap #121396] Do, 29 November 2018 14:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Roy Campbell (Ignatius Roy Dunnachie) was 'n Suid-Afrikaanse digter. Gebore in Durban op 2 Oktober 1901. Ontvang opleiding aan Durban High School, en word seeman. Hierdie ondervinding was die inspirasie vir sy eers beroemde gedig, The Flaming Terrapin, 'n half-allegoriese werk. Saam met William Plomer begin hy Voorslag, 'n veelbesproke Suid-Afrikaanse letterkundige tydskrif wat maar 'n kort bestaan gehad het. Hy is toe oorsee en besoek Brittanje, Suid-Frankryk en Spanje, waar hy begin belangstel in stiergevegte. Veg aan die kant van die Spaanse rewolusionêres.

Hy word gou erken as die mees vooraanstaande digter in Suid-Afrika. Van sy belangrikste werke is: The Wayzegoose, Adamastor, The Georgiad en 'n outobiografie. In die Tweede Wêreldoorlog veg hy in Noord-Afrika waar hy gewond word. Daarna word hy praatjies-regisseur in die BBC. In April 1957 sterf hy in 'n ongeluk.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Campbell, Sir Marshall
Volgende onderwerp: Camperdown
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:50:32 MGT 2024