Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Campbell, Dr. Killie (Margaret)
Campbell, Dr. Killie (Margaret) [boodskap #121393] Do, 29 November 2018 14:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Killie (Margaret) Campbell was 'n Suid-Afrikaanse boekversametaar en oudheidkundige. Dogter van wyle sir Marshall Campbell een van die stigters van die Natalse suikemywerheid, het ook baie jare bestee om een van die beste private Africana-biblioteke op te bou, met besondere klem op die vroeëre Natal en sy Bantoestamme. Sy het dit tot die beskikking van alle studente gestel en, tesame met haar broer, William, gereël dat dit 'n openbare biblioteek moet word na haar afsterwe. Sy was ook grotendeels verantwoordelik vir die 'Old House Museum' in Durban, wat uitsluitlik gewy is aan die vroeë geskiedenis van Natal. Oorlede 1965.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Campbell, Ds. John
Volgende onderwerp: Campbell, Sir Malcolm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:27:05 MGT 2024