Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Caminhos, de Ferro de Mocambique
Caminhos, de Ferro de Mocambique [boodskap #121390] Do, 29 November 2018 07:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Caminhos, de Ferro de Mocambique is 'n staatsbeheerde spoorwegstelsel wat in Mosambiek (Portugees-Oos-Afrika) gebruik word en wat bestaan uit vroeëre afsonderlike lyne. Dit sluit die seksies in van Maputo (Lourenço Marques) na die Suid-Afrikaanse grens by Ressano Garcia, na Goba op die grens van Swaziland, na Vila Luiza an na Malvernia op die grens van Zimbabwe (Rhodesië) waarvandaan 'n voortsetting na Bulawayo loop. 'n Seksie dek die roete van Beira na die Zimbabwiese (Rhodesiese) grens en ander loop van Inhambane na Inharrime, van Queliama na Mocuba en van Nacala na die Njassameer. Die totale lengte is ongeveer 2,400 km (1,500 myl).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Camden-kragsentrale
Volgende onderwerp: Campbell
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:01:33 MGT 2024