Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cam, Diogo
Cam, Diogo [boodskap #121387] Wo, 28 November 2018 20:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Diogo Cam was 'n Portugese seevaarder en ontdekkingsreisiger. Besonderhede oor sy lewe is onvolledig. In diens van koning Alfonso V en later Koning Johannes II het hy die perke van vorige ontdekkings ver oorskry. Een van sy belangrikste ontdekkings was die Kongo se riviermonding in 1482 waar hy 'n klipkruis opgerig het, wat in 1886 herontdek is. In 1484 onderneem hy nog 'n reis en in 1486 bereik hy Kaap Kruis (in wat nou Namibiƫ is). Datum van sy dood is onseker. Hy is ook bekend in die Latynse naam van Jacobus Canus en as Diogo Cao.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cam and Motor-goudmyn
Volgende onderwerp: Cambridge
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:30:54 MGT 2024