Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kala
Kala [boodskap #121381] Wo, 28 November 2018 06:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kala (voorheen bekend as Cala) is 'n dorpie in die voormalige Transkei in die Oos-Kaap. Die naam beteken 'langs die berge'. Die dorpie lê langs die Tsomorivier ('n forelstroom in pragtige bergagtige natuurskoon) noord van die Ncoradam. Die naaste groot dorp is Elliot. Dit was destyds die middelpunt van die distrik Xalanga en hoofdorp van Temboeland. Hoogte bo seespieël: 4,300 voet. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,239 (404 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Cachet, Ds. Jan Lion.
Volgende onderwerp: Caledon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:19:29 MGT 2024