Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Cachet, Ds. Jan Lion.
Cachet, Ds. Jan Lion. [boodskap #121380] Wo, 28 November 2018 06:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ds. Jan Lion Cachet was 'n pionier van die Afrikaanse taal. In 1838 in Nederland gebore. Van Joodse afkoms. Die familienaam was Stempel (beteken: seël) wat later in Frans vertaal is, Cachet. Kom op 23 jarige leeftyd in Suid-Afrika aan, en word onderwyser in Kaapstad. Verhuis na Ladysmith, Natal. Hier studeer hy vir N.G. predikant en word in 1868 in sy eerste gemeente in Rustenburg, Transvaal, bevestig. 'n Sterk ondersteuner van die Gereformeerde (Dopper) beweging. Was lektor aan die Teologiese Kollege, Burgersdorp. In 1875 aanvaar hy weer 'n pos op Philipstown. Was later predikant op Steynsburg, Kaap, voordat hy terugkeer na 'n leerstoel in die Teologiese Kollege. Stel belang in maatskaplike werk. Sluit in 1879 by 'n ekspedisie aan om Dorslandtrekkers te help. Voorstander van Afrikaanse taal en hy dra by tot die oorspronklike uitgawes van die Patriot en Ons Klyntji. Sy boek Die Sewe Duiwels en Wat Hulle Gedoen Het was een van die eerste Afrikaanse blitsverkopers. In 1904 vergesel hy die Teologiese Kollege van Burgersdorp na Potchefstroom. Bly werksaam tot 1910 en tree af. Oorlede in 1912.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Byrne-Setlaars
Volgende onderwerp: Kala
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:01:45 MGT 2024