Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Byloorlog (Oorlog van die Byl)
Byloorlog [boodskap #121378] Di, 27 November 2018 19:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Byloorlog (of Oorlog van die Byl) is 'n algemene naam vir die Sewende Grensoorlog (in vroeë geskrifte ook die "Sesde Kafferoorlog" genoem) en deur die Xhosa so genoem omdat dit veroorsaak is deur die arrestasie van 'n naturel wat daarvan beskuldig is dat hy 'n byl van 'n winkel op die grens in Fort Beaufort gesteel het. Terwyl hy in Grahamstad verhoor is, het 'n gewapende geselskap Xhosas onder aanvoering van hulle hoofman, Tola, op 16 Maart 1846 probeer om hom te bevry. Die duur oorlog wat daaruit voortgespruit het, het amper twee jaar lank geduur en het die uitbreiding van Britse gesag na 'n aansienlike nuwe gebied aan die grens meegebring.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Byevreter
Volgende onderwerp: Byrne-Setlaars
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:00:10 MGT 2024