Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Buys, Coenraad
Buys, Coenraad [boodskap #121374] Di, 27 November 2018 19:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Coenraad Buys (ook bekend as Coenraad de Buy of Buis) was 'n boer op die oosgrens van die Kaapkolonie. Hy was 'n avonturier, swerwer, poligamis, rebel en stigter van die bekende kleurlinggemeenskap by die Soutpansberge vroeg in die negentiende eeu.

Buys was 'n voëlvryverklaarde, dikwels na verwys na as 'Die eerste wit Transvaler'. Hy was van Hugenote-afkoms. In 1761 naby Montagu gebore. Oortree die wet en gaan skuil onder die Xhosas aan die Oosgrens. Prominent in die Boere-opstand teen die Britte in 1797. Keer terug na die Oosgrens en verkry groot invloed op opperhoof Gaika. Keer 'n tyd lank terug na Swellendam tydens die Bataafse bewind, maar word weer rusteloos en trek na die noordgrens. Uiteindelik trek hy in 1821 na wat later Transvaal geword het. Daar leef hy saam met naturellevroue. Sy afstammelinge was bekend as die 'Buys-Kaffers'. Hulle vestig hulle in die Soutpansberggebied waar hulle waardevolle plase van die Republikeinse regering kry. Hulle bestaan nog daar as 'n afsonderlike gemeenskap. Buys is oorlede in 1823.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Buxton, Lord
Volgende onderwerp: Bwana Mkubwa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:37:20 MGT 2024