Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Buxton, Lord (Sydney Charles Buxton)
Buxton, Lord [boodskap #121373] Di, 27 November 2018 19:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lord Buxton (Sydney Charles Buxton) was die tweede Goewerneur-generaal van die Unie. In 1853 in Engeland gebore. Die seun van Charles Buxton, Britse parlementslid. Sy politieke loopbaan begin toe hy in 1885 parlementslid word. Van 1892 tot 1895 onder-minister van kolonies en van 1905 tot 1910 Posmeester-generaal. In 1914 word hy Goewerneur-generaal van die Unie en ook Hoë Kommissaris vir Suid-Afrika. As sulks kry hy te doen met die moeilike tydperk van die Eerste Wêreldoorlog en die 1914-Rebellie. Hy ontvang 'n deputasie Afrikanervroue wat om begenadiging vra vir die rebelleleiers, onder andere generaal De Wet. Keer in 1920 na Engeland terug. Oorlede in 1934.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Buxton
Volgende onderwerp: Buys, Coenraad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:51:38 MGT 2024