Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Butterworth
Butterworth [boodskap #121370] Di, 27 November 2018 19:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Butterworth (amptelik Gcuwa) is 'n dorp in die Oos-Kaap (destyds nog in die Transkei), 111 km noord van Oos-Londen. Dit is in 1827 as 'n buitepos gestig deur die Wesleyaanse sending en vernoem na sy tesourier in Londen, die hoogeerwaarde J. Butterworth. Die plek is verwoes tydens die sogenaamde Kafferoorloë in 1835 en was die toneel van bloedige gevegte in 1847. Dit is 'n administratiewe en boerderysentrum en is op die N2 nasionale pad geleë. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,055 (939 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Butler, Luitenant-generaal Sir William Francis
Volgende onderwerp: Button, Edward
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:58:10 MGT 2024