Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Butler, Luitenant-generaal Sir William Francis
Butler, Luitenant-generaal Sir William Francis [boodskap #121369] Di, 27 November 2018 19:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Luitenant-generaal Sir William Francis Butler was 'n Britse generaal en ook waarnemende Goewerneur van die Kaapkolonie. In 1838 in Tipperary, Ierland, gebore. Op 20 jarige ouderdom sluit hy aan by die 69ste regiment. Hy maak die eerste keer met Suid-Afrika kennis as staflid van generaal sir Garnet Wolseley toe laasgenoemde in 1875 na Natal gestuur is. Wolseley het Butler op 'n vertroulike sending na Bloemfontein gestuur en later veg hy onder hom in die Zoeloe-oorlog van 1879-80. Van 1880 tot 1898 beklee hy hoë poste by Aldershot en elders in Brittanje. Kort voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1898 word hy in bevel geplaas van die troepe aan die Kaap, maar maak homself baie ongewild toe hy die owerheid waarsku dat 'n baie groot mag nodig sal wees om die Boere te oorwin. Om dié rede is hy teruggeroep en in bevel van die Western District in Engeland geplaas. Hy bly woon in Engeland maar besoek Suid-Afrika weer in 1906. Hy het 'n aantal puik boeke geskryf, waaronder verskeie oor Suid-Afrika. Oorlede op 7 Junie 1910.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Butler, Lady Elizabeth
Volgende onderwerp: Butterworth
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:02:56 MGT 2024