Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Butler, Lady Elizabeth
Butler, Lady Elizabeth [boodskap #121368] Di, 27 November 2018 19:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lady Elizabeth Butler was 'n Britse skilder, een van die min vroulike skilders van geskiedenis-skilderye, wat bekend was vir haar militêre strydtonele.

Sy is in 1845 gebore as Elizabeth Thompson in Lausanne, Switserland. Nadat sy in die kuns gestudeer het in Italië, maak sy gou naam as 'n skilder en spesialiseer in gevegstonele. Bekend vir hulle roerende lewensgetrouheid en pragtige afgewerktheid. In 1877 trou sy met luitenant-generaal sir William Francis Butler saam met wie sy 'n deel van haar lewe in Suid-Afrika deurbring. Baie van haar skilderstukke het Suid-Afrikaanse temas soos byvoorbeeld die Slag van Rorkesdrift, wat sy in 1881 geskilder het. Sy skryf ook oor sommige van haar ondervindings in Suid-Afrika. Oorlede in 1933.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Butha Buthe
Volgende onderwerp: Butler, Luitenant-generaal Sir William Francis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:31:48 MGT 2024