Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Burton, Henry
Burton, Henry [boodskap #121365] Di, 27 November 2018 18:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Henry Burton was 'n Suid-Afrikaanse politikus en staatsman. In 1866 in Kaapstad gebore en ontvang skoolonderrig aan die St. Andrew's College, Grahamstad. Word in 1892 tot die balie toegelaat en begin praktiseer in Kimberley waar hy gou groot sukses behaal. As gevolg van die Jameson-inval word hy 'n sterk ondersteuner van die Afrikanerbond en word in 1902 tot die Parlement verkies. Feitlik onmiddellik nadat hy parlementslid geword het, was Burton verantwoordelik vir die val van die ministerie van sir Gordon Sprigg oor die kwessie van krygswet en ook oorlogverliese. J.X. Merriman het hom in 1908 as Prokureur-generaal in sy Kabinet opgeneem en na Uniewording word hy die eerste Minister van Naturellesake en later van Spoorweë. Sy temperament veroorsaak ontevredenheid onder die spoorwegwerkers en hy word in 1920 na die Departement Finansies oorgeplaas waar hy 'n ongewilde ekonomiese beleid gevolg het. Tree uit die Parlement in 1924 en is oorlede in 1935.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Burtonbrood
Volgende onderwerp: Burton, Sir William Westbrooke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:08:02 MGT 2024