Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Burnham, Frederick Russell
Burnham, Frederick Russell [boodskap #121363] Di, 27 November 2018 18:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frederick Russell Burnham was 'n Amerikaanse soldaat en verkenner. In 1862 in Minnesota gebore en kry baie swaar in sy jeugjare. Leer verkenningswerk by die Rooi Indiane. Ná 'n avontuurlike jeug kom hy in 1893 na Suid-Afrika. Ná sy aankoms veg hy in die Matabele-oorlog waarin hy homself onderskei. Verkry die vriendskap van Rhodes. Hy neem in 1896 deel aan die Matabele-opstand en tydens die Tweede Vryheidsoorlog word hy aangestel as hoof van lord Roberts se verkennerskorps. Met sy terugkeer na die Verenigde State stig hy die Boy Scout-beweging daar. Verkenner Burnham, soos hy bekend was, is in 1947 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Burghersenaat
Volgende onderwerp: Burtonbrood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:04:00 MGT 2024