Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Burgersdorp
Burgersdorp [boodskap #121361] Di, 27 November 2018 18:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Burgersdorp is 'n dorp in die Kaapse Middelland. In 1844 gestig met die oorspronklike naam Klipdrift (moet nie verwar word met Klipdrift in Griekwaland-Wes nie). Lê naby die Stormberge. In 1861 is 'n teologiese kweekskool daar begin deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk, maar is later verskuif na Potchefstroom. As gevolg van sy belangrikheid in die vroeë stryd om die regte van die Hollandse taal, is 'n 'Taalmonument' in 1893 daar opgerig. Toneel van gevegte tydens Tweede Vryheidsoorlog. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 10,020 (3,170 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Burgers, Thomas Francois
Volgende onderwerp: Burghersenaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:23:41 MGT 2024