Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Burgers, Thomas Francois
Burgers, Thomas Francois [boodskap #121360] Di, 27 November 2018 18:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Thomas Francois Burgers was 'n president van die Suid-Afrikaanse Republiek. Op 15 April 1834 naby Graaff-Reinet gebore. Studeer vir predikant aan die Universiteit Utrecht in Holland en keer in 1858 na Suid-Afrika terug. Sy eerste gemeente was Hanover in die Kaapkolonie, waar hy betrokke raak in 'n teologiese geskil op grond van sy beweerde liberalisme en ongeloof in die letterlike waarheid van die Bybel. Dit het 'n regsgeding tot gevolg. Ten spyte daarvan word hy in 1873 deur die burgers van die Suid-Afrikaanse Republiek versoek om President te word ná die bedanking van president M.W. Pretorius. Nadat hy met 'n groot meerderheid bo die ander kandidaat, William Robinson, verkies is, kom hy voor groot probleme in Transvaal te staan. Hy was 'n geesdriftige, welsprekende en sjarmante man en is erken as iemand wat sy tyd vér voor was. As die hoof van 'n land wat nog baie primitief was, het hy 'n ambisieuse program aangepak, insluitende die aanlê van spoorweë. Hy onderneem 'n reis oorsee en slaag daarin om 'n lening in Holland te kry.

Hy koop materiaal aan vir die spoorweë. Dit word in Lourenco Marques afgelaai waar dit lê en roes. Met sy terugkeer bevind hy die Suid-Afrikaanse Republiek in 'n duur en moeilike oorlog gewikkel met Sekoekoenie in die oostelike berge. Hoewel hy sy uiterste bes doen in die veldtog en selfs persoonlik deelneem is hy nie opgewasse vir die situasie nie. Dit lei in 1877 tot die besetting van die Republiek deur sir Theophilus Shepstone en sy mag van 25 polisiemanne, wat die land vir die Britse Kroon annekseer. Toe hy nie daarin slaag om voldoende steun van sy burgers te kry nie, bedank hy en tree af. Oorlede in 1881. Afgesien van sy politieke loopbaan is hy ook bekend as die skrywer van Sketse uit het Boeren Leven, wat van letterkundige belang is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Burgers, Petrus W.
Volgende onderwerp: Burgersdorp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:17:04 MGT 2024