Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Burger, Generaal Schalk
Burger, Generaal Schalk [boodskap #121358] Di, 27 November 2018 18:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Schalk Burger was die waarnemende President van die Suid-Afrikaanse Republiek. Gebore in Lydenburg, Transvaal, in 1862. Word kommandant tydens die Majuba-veldtog van 1881, word tot die Volksraad verkies en word in 1896 lid van die Uitvoerende Raad en later voorsitter van die Volksraad. In 1898 stel hy hom verkiesbaar as President, maar word verslaan. In die Tweede Vryheidsoorlog was hy in bevel van die Lydenburgse eenhede - met die vertrek van president Kruger na Europa word hy waarnemende President. In dié hoedanigheid het hy die Vrede van Vereeniging onderteken. Na 'n besoek aan Europa om geld vir oorlogslagoffers in te samel, word hy adjunk-leier van Het Volk onder Botha en later die Suid-Afrikaanse Party. Oorlede in 1918.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Burger, Die
Volgende onderwerp: Burgers, Petrus W.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:19:59 MGT 2024