Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Burchell, William John
Burchell, William John [boodskap #121356] Di, 27 November 2018 18:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
William John Burchell was 'n Engelse ontdekkingsreisiger aan die Kaap. In 1782 in Fulham gebore. Sy vader was 'n blomkweker. In 1805 sluit hy by die Oos-Indiese Kompanjie aan as 'skoolmeester en plantkundige'. Ná 'n verblyf op St. Helena kom hy in 1810 na Kaapstad, leer Afrikaans en begin die volgende jaar met sy togte na die noorde, veral na Betsjoeanaland. Hy bly in Suid-Afrika tot 1815 en win in dié tyd 'n ontsaglike hoeveelheid wetenskaplike inligting in, verkry 'n groot versameling eksemplare en maak 'n aantal pragtige sketse. Net 'n deel van die materiaal is gebruik in sy Travels, wat in 1822 in twee boekdele gepubliseer is, maar baie van die bykomende inligting, wat deur die Universiteit Witwatersrand bewaar word, is later beskikbaar gestel. Burchell is in 1825 na Suid-Amerika en keer in 1829 na Engeland terug met 'n groot hoeveelheid ander belangrike stof. Sy Suid-Afrikaanse boek is 'n klassieke reisverhaal. In 1834 ontvang hy 'n eredoktorsgraad aan Oxford en is oorlede in 1863. Sy plantkundige manuskripte word in Kew Gardens, Londen, bewaar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bunting, Sidney Percival
Volgende onderwerp: Burger, Die
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:20:19 MGT 2024