Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bunting, Sidney Percival
Bunting, Sidney Percival [boodskap #121355] Di, 27 November 2018 18:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sidney Percival Bunting was 'n Suid-Afrikaanse Kommunisteleier. In 1873 in Engeland gebore as die seun van sir Percy Bunting, stigter en redakteur van die bekende Contemporary Review. Ontvang onderwys aan St. Paul's School en Oxford en kom tydens die Tweede Vryheidsoorlog na Suid-Afrika as vrywilliger. Vestig hom in Johannesburg as prokureur. Word 'n kampvegter vir die Bantoe en stel na 1913 intens belang in die Arbeider-beweging. Ná die Eerste Wêreldoorlog gaan hy na Rusland, word 'n geesdriftige Kommunis en help met die stigting van die beweging in Suid-Afrika. Hy was herhaaldelik in die tronk weens sy politieke bedrywighede, dog ander wat deur Moskou goedgekeur is, is oor hom aangestel. Oorlede in 1936.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bunting, Brian
Volgende onderwerp: Burchell, William John
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:03:07 MGT 2024