Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bulwer, Sir Henry Ernest Gascoigne
Bulwer, Sir Henry Ernest Gascoigne [boodskap #121352] Di, 27 November 2018 16:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Henry Ernest Gascoigne Bulwer was 'n Goewerneur van Natal. In 1836 in Engeland gebore. Familielid van romanskrywer Bulwer-Lytton (skrywer van The Last Days of Pompeii). Na sy studie aan Cambridge tree hy toe tot die diplomatieke diens. In 1871 word hy aangestel as Goewerneur van Labuan in Borneo en in 1875 as Goewerneur van Natal, met die bykomende titel van Spesiale Kommissaris vir Zoeloesake. Tydens sy dienstermyn moes hy moeilike sake soos die eerste Britse besetting van Transvaal, die Zoeloe-oorlog en die Majubaveldtog hanteer. Oorlede op 30 September 1914.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bulwer
Volgende onderwerp: Bunga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:48:13 MGT 2024