Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Buller, Generaal Sir Redvers Henry
Buller, Generaal Sir Redvers Henry [boodskap #121349] Di, 27 November 2018 06:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Sir Redvers Henry Buller was 'n Britse soldaat. In 1839 op Crediton, Devonshire gebore, gaan skool op Eton en sluit in 1858 by die leër aan. Kom na Suid-Afrika tydens die Grensoorlog van 1879. ontvang die Victoria-kruis vir dapperheid tydens die Zoeloe-oorlog en was stafhoof in die Majubaveldtog van 1881 onder sir Evelyn Wood. Doen ook militêre diens in Egipte, die Soedan en in Ierland. In 1896 word hy generaal en in 1898 word hy in 'n hoë pos aangestel in die Ministerie van Oorlog. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 word hy na die front gestuur as opperbevelhebber, maar vind gou uit dat sy koloniale krygstaktiek nie teen die Boere toegepas kan word nie.

Hy is verslaan by Colenso, Spioenkop en Vaalkrans en later opgevolg deur lord Roberts. Ten spyte van goeie diens verder, insluitende die ontset van Ladysmith en 'n oorwinning by Bergendal, keer hy in 1901 na Engeland terug en neem die bevel oor by Aldershot. Oorlede in 1908.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bulawayo Chronicle
Volgende onderwerp: Bultfontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:14:01 MGT 2024