Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bulawayo
Bulawayo [boodskap #121347] Di, 27 November 2018 06:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bulawayo is die tweede grootste stad in Zimbabwe (Rhodesië). Die plek se naam afgelei van die Matabelekraal, Gubulawayo, 'n paar myl daarvandaan waar Lobengula se hof gesit het. Bulawayo self is in 1893 gestig onmiddellik nadat die magte van die Chartered Company vir Lobengula verslaan en sy hoofstad verwoes het. Dit het snel gegroei en binne 'n jaar oor 'n Effektebeurs en ander geriewe beskik, wat nie verhoed het dat die plek met die uitbreek van die Matabele-rebellie aan aansienlike gevaar blootgestel was nie en die inwoners verplig was om 'n laer te trek. Die destydse bevolking (stedelike gebied) was na skatting sowat 220,000, insluitende 49,000 Blankes en 155,000 Bantoes.

Met die koms van die spoorlyn in 1897 het die dorp 'n groot stoot gekry en dit het die hoofsentrum geword nie net van die plaaslike administrasie nie, maar ook vir die verskaffing van voorrade aan die mynbedryf. Vandag beskik dit oor 'n groot park, 'n ampswoning, 'n puik museum, biblioteek, 'n hooggeregshof ens. Daar is 'n groot aantal nywerhede, lig en swaar, waarvoor spesiale dorpsgebiede uitgelê is. Plaaslike vervaardiging sluit in tekstiel, pottebakkery, sement, voertuie, ingenieurswese, meubels en asbes.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bukama
Volgende onderwerp: Bulawayo Chronicle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:10:18 MGT 2024