Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Builepes
Builepes [boodskap #121345] Di, 27 November 2018 06:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Builepes is 'n gevaarlike siekte wat deur die bakterie Yersinia pestis veroorsaak word. Dit word deur vlooie, rotte en Mongoolse marmotte versprei. As mense die siekte opdoen, swel die limfkliere op en dit verkleur swart. So 'n kliergeswel word 'n buil genoem (vandaar "builepes"). Die woord "buil" is 'n Germaanse woord en beteken "bult" (iets wat swel; uitbult).

Builepes was verantwoordelik vir die Swart Dood of die Swart Plaag wat 'n derde tot twee derdes van Europa se bevolking tussen 1348 en 1350 uitgewis het. Dit was een van die ergste pandemies in die geskiedenis.

Kaapstad beleef tydens die Tweede Vryheidsoorlog 'n uitbreking van builepes wat hierheen gebring is deur besmette linne op skepe uit Asië. Groot dele van die krotbuurt bekend as Distrik Ses is platgeslaan. Nogtans beswyk 'n paar honderd mense. Dit breek in 1903 weer uit onder Indiërs wat ingevoer is na die Rand. Vlooie en knaagdiere word sedertdien streng beheer om besmetting te voorkom.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Buffelsrivier
Volgende onderwerp: Bukama
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:53:39 MGT 2024