Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Buffel
Buffel [boodskap #121342] Di, 27 November 2018 06:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Buffels
Buffels
'n Buffel is 'n gelyktonige hoefdier van die familie van beesagtiges (Bovidae), en die subfamilie Bovinae. Benamings daarvoor in ander inheemse tale is affalo, nyati en mbogo.

Dit is 'n groot dier wat veral in die Nasionale Addopark, in Natal, die Krugerwildtuin, en Zimbabwe (Rhodesiƫ) aangetref word. Verkies bebosde gebied waar daar volop weiding en water is. 'n Uiters gevaarlike dier om te jag weens sy onvoorspelbare geaardheid en aggressiwiteit. Die groot soort is gemiddeld 5 voet hoog by die blaaie, terwyl die Kongolese dwergtipe 'n voet laer is. Omdat hulle maklik beessiektes versprei, is 'n aansienlike hoeveelheid buffels destyds onder toesig uitgeroei.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bucklands
Volgende onderwerp: Buffelsbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:23:51 MGT 2024