Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Buchanan, James
Buchanan, James [boodskap #121340] Di, 27 November 2018 06:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
James Buchanan was 'n Regterpresident van die Hoërhof van Griekwaland. Op 21 September 1841 in Kaapstad gebore, en studeer aan die South African College. Word lid van die Kaapse balie in 1865 en praktiseer daar tot in 1872 toe hy Staatsprokureur van die Suid-Afrikaanse Republiek word. Nadat hy regter in die Vrystaat was van 1876 tot 1880 word hy griffier van Griekwaland-Wes en Regter-president in 1882. Tree af in 1887. Letterkundige werk sluit in vertalings van Romeins Hollandse reg en aantekeninge by die Menzies-verslae. In Engeland oorlede in Desember 1893.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Buchanan, Ebenezer John
Volgende onderwerp: Bucklands
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:35:54 MGT 2024