Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bryant, Pater A.T.
Bryant, Pater A.T. [boodskap #121335] Ma, 26 November 2018 19:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pater A.T. Bryant was 'n Katolieke sendeling en Zoeloekenner. In 1865 in Londen gebore. Na studie aan die Universiteit van Londen word hy Katolieke priester en kom na Natal in 1883. Vestig hom op Mariannhill en word in 1887 georden. Eers werk hy in die Transkei onder die Xhosas en Temboes, maar in 1896 gaan hy na Zoeloeland waar hy die res van sy lewe bly. Verwerf beroemdheid met sy Zoeloe-Engelse Woordeboek wat in 1903 verskyn het met meer as 20,000 inskrywings. Daarna verskyn werke oor Zoeloegeskiedenis en etnologie, wat nou as klassieke werke beskou word. Van 1920 tot 1923 was hy lektor in Bantoestudies aan die Universiteit van die Witwatersrand. Oorlede in 1953.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. The Zulu People, Bryant A T, Shuter & Shooter, Pietermaritzburg, 1949
Vorige onderwerp: Brulsand
Volgende onderwerp: Bryden, Henry Anderson
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:53:33 MGT 2024