Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Brulsand
Brulsand [boodskap #121334] Ma, 26 November 2018 19:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Brulsand (of Brulsande) is 'n eienaardige geologiese formasie in Griekwaland naby Posmasburg (in die Witsand-natuurreservaat). Die gladde sandkorrels veroorsaak 'n dreuning as daar op 'n warm dag oor die duine geloop word.

Die sandkorrels word oor tyd deur die wind glad geskuur. Dit verhoog die raakvlakke en so ook die wrywing tussen die korrels. Die korrels kom dan tot trilling wat in die duin uitkring. Selfs 'n sterk droë wind kan 'n spookagtige geluid in die duine veroorsaak.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Brukkarosberg
Volgende onderwerp: Bryant, Pater A.T.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:21:07 MGT 2024