Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Brownlee, Charles
Brownlee, Charles [boodskap #121331] Ma, 26 November 2018 19:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Charles Brownlee was 'n Bantoe-administrateur en pionier. Seun van eerw. John Brownlee. Gebore op 'n sendingpos aan die Kaapse grens in 1827 en begin sy loopbaan as tolk vir 'n groep Amerikaanse sendelinge in Natal. Nadat hy geboer het, neem hy deel aan die Byloorlog in 1846 en word aangestel as "Gaika-kommissaris", met hoofkwartier op Fort Cox, 'n militêre buitepos. Hy was 'n sleutelfiguur in die regering se betrekkinge met die grensstamme. Tydens die oorlog van 1852 is hy gewond, maar keer later terug na die Gaika-gebied op Döhne. Groot eise is aan sy diplomasie gestel tydens die Nasionale Selfmoord van die Xhosas en weer tydens die vestiging van die Duitse Legioen in 1856 en 1857. Hy was later 'n Landdros op Somerset-Oos en is bevorder tot Sekretaris vir Naturellesake. In 1890 op King William's Town oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Brown, Mev. John
Volgende onderwerp: Brownlee, Eerwaarde John
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:40:43 MGT 2024