Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Brown, Mev. John
Brown, Mev. John [boodskap #121330] Ma, 26 November 2018 19:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mev. John Brown was 'n Suid-Afrikaanse hervormer en propagandis vir vroueregte. Op 20 Julie 1847 gebore as Mary Solomon, dogter van Henry Solomon en niggie van die Kaapse parlementariƫr, Saul Solomon. Op 19 jarige ouderdom trou sy met dr. John Brown en begin met haar werk op Fraserburg. In 1876 vestig hulle hulle in Brittanje waar sy meer as 20 jaar lank onder die werkersklas van Lancashire werk. In 1905 keer sy terug na Suid-Afrika en bestee die meeste van haar tyd aan matigheidsbewegings, rasseprobleme, verligting van die ontberings van die Tweede Vryheidsoorlog en groter voorregte vir vroue. Oorlede in 1935.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Broome, William
Volgende onderwerp: Brownlee, Charles
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:23:55 MGT 2024