Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Broom, Dr. Robert
Broom, Dr. Robert [boodskap #121328] Ma, 26 November 2018 19:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Robert Broom was 'n Suid-Afrikaanse paleontoloog en 'n lid van die Royal Society. Op 30 November 1866 in Skotland gebore en studeer in die medisyne in Glasgow. Word aangestel as professor in Geologie en Dierkunde aan die Victoria-kollege, Stellenbosch (nou Universiteit Stellenbosch). Sy studie van dierefossiele was gou wêreldwyd bekend. Van 1897 af het hy meer as 250 wetenskaplike geskrifte die lig laat sien. Van besondere belang is sy navorsing op soogdieragtige reptiele van Suid-Afrika en die vroeë mens. Hy was verantwoordelik vir die ontdekking van baie vroeë oorblyfsels in die Sterkfonteingrotte en elders. Sien 'mev. Ples'. In 1920 word hy lid van die Royal Society, een van die min Suid-Afrikaners wat die eer te beurt geval het. Oorlede in 1951

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Brookes, Dr. Edgar Harry
Volgende onderwerp: Broome, William
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:15:17 MGT 2024