Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Brooke, Brian
Brooke, Brian [boodskap #121326] Ma, 26 November 2018 18:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Brian Brooke (oorspronklik Brian Brooke Thompson) was 'n Suid-Afrikaanse akteur-regisseur. Gebore op Sabie, Transvaal, op 27 September 1911 en ontvang onderwys op Grahamstad en aan die Universiteit Witwatersrand. Gaan in 1935 na Engeland om die verhoogkuns te bestudeer. Veg tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Britse leër en was teenwoordig met die inval in Normandië en in die veldtogte in Frankryk en Duitsland. Tree in huwelik met die beroemde Londense aktrise Petrina Fry. Keer in 1946 terug na Suid-Afrika en begin met die eerste vaste beroepstoneelgeselskap in Kaapstad maar verskuif later sy hoofkantoor na Johannesburg. Hy het baie bekende akteurs na die land gebring, insluitende Dame Sybil Thorndyke, sir Lewis Casson, Emlyn Williams, Gwen Ffrang-con-Davies en Claude Hulbert. Hy het in totaal meer as 200 toneelstukke op die planke gebring.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bronkhorstspruit
Volgende onderwerp: Brookes, Dr. Edgar Harry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:32:59 MGT 2024