Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Brits-Kaffrarië
Brits-Kaffrarië [boodskap #121322] Ma, 26 November 2018 17:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou kaart waarop Brits-Kaffrarië aangedui is.
'n Ou kaart waarop Brits-Kaffrarië aangedui is.
Brits-Kaffrarië was 'n voormalige afsonderlike kolonie hoewel onder die goewerneur van die Kaap. Geskep op 17 Desember 1847 toe sekere gebiede wes van die Keirivier tot 'n afsonderlike afhanklike staat verklaar is met King William's Town as hoofstad. Die plaaslike opperhoofde het oor gesag beskik, maar hulle het later daarvan afstand gedoen vir geldelike toelaes. In 1855 was daar, afgesien van die troepe, 949 Blankes (maar hierdie getal het in 1859 aangegroei tot 5,895, hoofsaaklike weens die aankoms van die Duitse Legioen en 53,000 naturelle. Oos-Londen was die amptelike hawe. Op 7 Maart 1860 is Brits-Kaffrarië tot 'n afsonderlike provinsie geproklameer met sy eie administrasie onder 'n Luitenant-goewerneur, luitenant-kolonel John MacLean, vroeër Hoofkommissaris. Op 17 April 1866 is Brits-Kaffrarië ingelyf by die Kaapkolonie en verdeel in twee distrikte, King William's Town en Oos-Londen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Brits
Volgende onderwerp: Britstown
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:46:52 MGT 2024