Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » British South Africa Police
British South Africa Police [boodskap #121320] Ma, 26 November 2018 17:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
British South Africa Police (B.S.A Police) ) was 'n voormalige die polisiemag van Rhodesië (wat in 1980 Zimbabwe geword het).

Die British South Africa Company is ingevolge sy oktrooi in 1889 gemagtig om sy eie polisiemag in te stel. Baie van die Betsjoeanalandse grenspolisie - 'n mag wat kort na die besetting van die land in 1885 saamgestel is - het by dié mag aangesluit. Eenhede van die British South Africa Police het die Pioneer Column in 1890 vergesel en kort na die stigting van Port Salisbury begin werk. Hulle het 'n groot taak verrig, nie net wat normale pligte betref nie, maar ook in die Matabele-oorlog, die Masjona-opstand en in die Tweede Vryheidsoorlog waaraan 300 man deelgeneem het. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het dié polisiemag saam met die Northern Rhodesian Police groot roem verwerf. Hierdie tradisie is in die Tweede Wêreldoorlog voortgesit, veral in die Midde-Ooste. Die hoofkwartier was in Salisbury, hoewel baie van die werwing in Brittanje gedoen is. Twee lede van die mag het die Victoria-kruis ontvang. Hulle is majoor R.C. Nesbitt en kaptein F.C. Booth.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: British South Africa Company
Volgende onderwerp: Brits
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:43:35 MGT 2024