Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bremersdorp (Manzini)
Bremersdorp [boodskap #121313] Ma, 26 November 2018 16:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bremersdorp is die oorspronklike blanke hoofstad van Swaziland. Vernoem na A. Bremer van die handelsfirma Wallenstein & Bremer, wat gehelp het om dit in 1890 te stig. Aangesien dit net 'n paar myl van die Swazikoning se kraal af was, het dit die sentrum van blanke nedersetting geword en ná 1894 van die bestaande administrasie. In die Tweede Vryheidsoorlog is dit geplunder en verwoes, maar is later herbou. Dit word 'n padvervoersentrum en is in 1918 as dorpsgebied geproklameer. Dit is egter deur Mbabane vervang as hoofstad. Later herdoop na Manzini. Destydse blanke bevolking: 650.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bremer, Dr. Karl
Volgende onderwerp: Brenthurst-spalk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:08:05 MGT 2024