Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bremer, Dr. Karl
Bremer, Dr. Karl [boodskap #121312] Ma, 26 November 2018 16:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Karl Bremer was 'n kabinetslid. Van Duitse afkoms. Op 27 April 1885 op Hopefield, Kaapprovinsie, gebore. Kwalifiseer as geneesheer. As 'n vroeë volgeling van generaal Hertzog word hy in 1924 L.V. vir Graaff-Reinet. Hy was voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad. Stel belang in maatskaplike welsyn en word Minister van Gesondheid in dr. Malan se Nasionale Kabinet in 1951. Het baie gedoen om ondervoeding te bestry. Stel Bremerbrood in. Oorlede op 18 Julie 1953.

Bremerbrood is brood verryk met smaaklose vismeel as 'n goedkoop voedsel vir die armes. Dit is vernoem na dr. Kark Bremer wat dit ingestel het. Dit was nooit gewild nie. Hierdie brood het die volk se gesondheid ten doel gehad. Die vroeëre Burtonbrood se oogmerk was besparing.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Breidbach
Volgende onderwerp: Bremersdorp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:03:16 MGT 2024