Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Brasem
Brasem [boodskap #121306] Ma, 26 November 2018 15:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Brasem is 'n groot familie eetbare vlakwatervis, insluitende seebrasem, wat sterk bokake het, en silwervis, wat sagter kakebene het en in dieper water voorkom. Die meeste vis wat deur Kaapse hengelaars gevang word is brasem.

(1) Seebrasem: Die groep sluit in wit stompneus, wit biskop (lekker sportvis, 40 duim lank); stompkop (bolvormige snoet, goeie sportvis, 40 duim lank); rooi stompkop (26 duim lank en hoog aangeskryf); janbruin (14 duim, bekend aan rotshengelaars); wit steenbras (58 duim); Hottentot; brons brasem (20 duim, 'n bekende Natalse vis; roman (rooi, 20 duim) en dageraad (rooi, algemeen op die Agulhasbank); en Karanteen.

(2) Silwervis-groep: Sluit in silwervis of kapenaar (30 duim, en een van die bekendste Suid-Afrikaanse visse, dikwels gerook en verkoop as skelvis); skotsman (20 duim, diepseevis van Algoabaai tot Natal); witvis (24 duim); moddervis (16 duim, Natal en Oos-Afrika, diep-seevis met saamgedrukte lyf); en rooi steenbras (baie groot vis, 5 voet of langer, van Valsbaai tot Natal).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Brandwag
Volgende onderwerp: Braunschweig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:25:26 MGT 2024