Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Brandsiekte
Brandsiekte [boodskap #121303] Ma, 26 November 2018 15:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Brandsiekte is 'n siekte by vee, veral skape, wat veroorsaak word deur 'n parasiet van die miet- of acari-familie. Verrig skade deurdat die gehalte van die wol geruïneer word. Dit was ongeneeslik tot die 19de eeu met die ontdekking van 'n suksesvolle dip-oplossing wat eers vrywillig en later verpligtend was. Teenkanting teen die Wet op Brandsiekte is later te bowe gekom. In 1893 het die maatskappy William Cooper & Nephew aangebied om brandsiekte teen 'n bedrag van £735,000 kontant binne 'n paar jaar uit te wis. Die aanbod is egter van die hand gewys. Die invoer van die diptenk in 1890 het dié siekte byna uitgeroei. Brandsiekte-inspekteurs is deur die Regering aangestel om enige herhaling te voorkom.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Brandfort
Volgende onderwerp: Brandsolder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:33:41 MGT 2024