Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Brand, Sir Johannes Hendricus (Jan Brand)
Brand, Sir Johannes Hendricus [boodskap #121299] Ma, 26 November 2018 15:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
President Jan Brand
President Jan Brand
Sir Johannes Hendricus Brand was die President van die Oranje-Vrystaat. In 1823 in Kaapstad gebore. Seun van sir Christoffel Brand. Studeer aan die South African College, word in 1849 in Engeland tot die balie toegelaat en vestig hom in Kaapstad. Hy het 'n groot praktyk opgebou en was lid vir Clanwilliam in die Kaapse parlement voordat die presidentskap van die Oranje-Vrystaat hom aangebied is. Met sy aankoms in Bloemfontein in 1863 vind hy die land op die randjie van bankrotskap en bedreig deur nog 'n inval deur die Basoeto's. Brand het onverskrokke die probleme aangepak en het daarin geslaag om die arbitrasie van goewerneur sir Philip Wodehouse te verkry. Toe dit misluk verklaar hy oorlog teen die Basoeto's en voer 'n lang en onbesliste veldtog teen Mosjesj. Dit was skaars beëindig toe diamante ontdek word op grond waarop die Vrystaat aanspraak gemaak het. Dit bring hom in botsing met die Britte en hy slaag daarin om 'n min of meer bevredigende ooreenkoms te bereik.

Sy invloed neem toe en hy is drie keer herkies as President. Die Britse owerheid het hom die unieke eer aangedoen deur koningin Victoria te oorreed om hom tot ridder te slaan. Tydens sy bewind het die Oranje-Vrystaat die naam verwerf as 'Die Model Republiek' op grond van sy uitstekende administrasie, voorspoed en opvoedkundige stelsel. Tydens die Eerste Vryheidsoorlog van 1881 het Brand opgetree as bemiddelaar tussen Transvaal en die Britte en gehelp om 'n vredesooreenkoms te bewerkstellig. In 1888 is hy oorlede onderwyl hy nog die presidentsamp beklee het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Brand, Sir Christoffel Josephus
Volgende onderwerp: Brand, Pieter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:30:59 MGT 2024