Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Brand, Sir Christoffel Josephus
Brand, Sir Christoffel Josephus [boodskap #121298] Ma, 26 November 2018 07:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Christoffel Josephus Brand was die eerste Speaker van die Kaapse parlement. In 1797 in Kaapstad gebore. Studeer in die regte aan die Universiteit Leyden, Holland, waar hy in 1820 sy doktorsgraad verwerf met 'n tesis wat handel oor die betrekkinge tussen kolonies en die vaderland. Hy keer in 1821 terug na die Kaap, praktiseer as advokaat en gee lesings aan die South African College. Nadat hy na vore getree het tydens die Anti-Bandiete-beweging in 1849, help hy met die opstel van die grondwet van die Kaapkolonie en word in 1854 Speaker van die nuwe parlement, 'n amp wat hy beklee tot sy bedanking in 1874. Oorlede in 1875. Sy seun, Sir J.H. Brand het President van die O.V.S. geword.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Brandblaar
Volgende onderwerp: Brand, Sir Johannes Hendricus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:16:19 MGT 2024