Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Brabant, Generaal-majoor Sir Edward Yewd
Brabant, Generaal-majoor Sir Edward Yewd [boodskap #121293] Ma, 26 November 2018 06:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal-majoor Sir Edward Yewd Brabant was 'n Suid-Afrikaanse koloniale militêre bevelvoerder. In 1839 in Engeland gebore. In 1855 sluit hy by die Derby Militia aan as vaandrig. Die volgende jaar kom hy na die Kaap en sluit aan by die Cape Mounted Rifles waar hy tot 1870 aktiewe diens doen as kaptein. Hy vestig hom in Oos-Londen, word politikus en in 1873 lid van die Kaapse parlement. Verwerf onderskeiding in die Cape Yeomanry tydens verskeie naturelle-oorloë, insluitende die veldtogte teen Sandile, Morosi en ander, en in die Geweeroorlog in Basoetoland. Bevorder tot waarnemende Kommandant-generaal. As prominente Boer tree hy weer toe tot die politiek, dien op die Verdedigingskommissie en word 'n vriend van Rhodes. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog is Brabant gevra om 'n Koloniale Divisie saam te stel, waarvan hy die bevel oorneem. Word bevorder tot Generaal en verwerf groot roem met die suksesvolle verdediging van Jammersbergdrif naby Wepener, wat 'n maand geduur het. Oorlede op 13 Desember 1914.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bowker, Miles
Volgende onderwerp: Brak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:33:32 MGT 2024