Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bowker, Miles
Bowker, Miles [boodskap #121292] Ma, 26 November 2018 06:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Miles Bowker was 'n vroeë landbou- en nywerheidspionier in Suid-Afrika. In 1759 op Deckham's Hall naby Durham, Engeland, gebore. Was leier van 'n geselskap Setlaars in die Weymouth, en gaan woon op die landgoed Tharfield. As 'n man met groot ondernemingsgees was hy die eerste persoon wat 'n poging aangewend het om met merinoskaap op die Oosgrens te boer. Laat wol weef in komberse, waarvan 'n paar gemaak is. Was een van die eerste persone wat hom beywer het vir die ontwikkeling van die Kowie as 'n hawe. Oorlede in 1839.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bouvet-eiland
Volgende onderwerp: Brabant, Generaal-majoor Sir Edward Yewd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:27:23 MGT 2024