Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bouvet-eiland
Bouvet-eiland [boodskap #121290] So, 25 November 2018 19:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bouvet-eiland is 'n Antarktiese eiland, geleë 54° 26' Suid, 3° 24' Oos. Op 1 Januarie 1739 ontdek deur 'n Fransman, kaptein Pierre des Loziers Bouvet, wat onseker was of dit 'n eiland was of deel van die Antarktiese kontinent. Eers in 1808 het kaptein James Lindsay van die seilboot Swan en kaptein Thomas Hopper van die Otter weer die eiland gesien wat Bouvet, Kaap Circumcision, gedoop het. As gevolg van klimaatstoestande het 'n Duitse navorsingskip, die Valdivia, eers in November 1898 finaal sy ligging bepaal. Vir Suid-Afrika is Bouvet-eiland van die allergrootste belang as 'n potensiële weerstasie, hoewel die eiland self deur Noorweë geannekseer is. Op 2 April 1964 het 'n Suid-Afrikaanse ekspedisie met die H.M.S. Protector en die Suid-Afrikaanse navorsingskip, die R.S.A., na die eiland gegaan en die eerste landingsgeselskap met behulp van 'n helikopter aan wal gesit. Hulle het belangrike waarnemings gedoen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Botterboom
Volgende onderwerp: Bowker, Miles
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:04:40 MGT 2024