Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Botswana
Botswana [boodskap #121288] So, 25 November 2018 19:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Botswana is 'n gebied wat lê tussen Noord-Kaapland, Wes-Transvaal, Namibië (Suidwes-Afrika) en die Zambezi. Bestaan oorspronklik uit twee gebiede, Brits-Betsjoeanaland, nou deel van Kaapland, en die Betsjoeanalandse Protektoraat, tot 1965 onder beheer van die Britse Hoë Kommissaris vir Suidelike Afrika, maar nou 'n onafhanklike staat in die Britse Gemenebes. Is halfwoestyn, en sluit die Kalahari in. Volgens die laaste Bantoesensus in 1946 was daar 292,754 Bantoes. 1956 sensus gee 3,173 Blankes, 700 Kleurlinge en 250 Asiate. Die grootste deel van die gebied is afgebaken as reservate, waar die opperhoofde van die Bamangwato en ander stamme die stamwette toepas, maar het nou sy eie parlement en kabinet.

Vervoer hoofsaaklik deur die spoorweg van die Republiek na Rhodesië, aangevul deur 'n padmotordiens. Beesboerdery is die vernaamste bedryf, terwyl jagtogte onderneem word, en bone en kafferkoring verbou word. Die sending is bedrywig, maar tot dusver is min geslaagde sendingwerk onder die Boesmans gedoen wat in die Kalahari woon. Betsjoeanaland het in 1884 onder blanke beheer gekom toe dit beset is deur generaal sir Charles Warren om te verhoed dat dit deur Transvaal of die Duitsers geannekseer word. Die belangrikste mineraal is asbes; die jongste syfers toon dat 1,562 ton verskeep is ter waarde van £165,634. 'n Hoeveelheid goud word ook geproduseer en so ook kianiet, 'n suurbestande mineraal soortgelyk aan andalusiet. Hoewel geleë in Kaapland, is die administrasie van die Protektoraat vroeër uit Mafeking waargeneem waar die amptenare in 'n spesiale 'Imperial Reserve' gehuisves was. Die vernaamste dorp is Serowe.

Boere het hulle in die laat Victoriaanse tyd in die noorde gevestig, veral in Ngamiland en Ghanzi, nou bereikbaar per vliegtuig. Gebied: 275,000 vierkante myl. Sien ook Gaberones.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Botletlerivier
Volgende onderwerp: Botterboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:22:34 MGT 2024