Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bothaville
Bothaville [boodskap #121286] So, 25 November 2018 18:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bothaville is 'n dorp in die Noord-Vrystaat. Die dorp is geleë op die walle van die Valsrivier, 5 km oos van die Vaalrivier, en lê in die hartjie van die Mieliedriehoek. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 7,398 (2,000 Blankes).

Bothaville is in 1889 op die plaas Gladdedrift gestig deur Theunis Botha, wat die plek sy naam gegee het. Dit staan aanvanklik as Botharnia bekend, maar is in 1893 na Bothaville hernoem. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog moes generaal De Wet op 6 November 1900 hier terugval in die geveg teen die troepe van kolonel Le Callais, wat gesneuwel het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Botha's Hill
Volgende onderwerp: Botletlerivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:03:15 MGT 2024