Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Botha, Christiaan Lourens
Botha, Christiaan Lourens [boodskap #121283] So, 25 November 2018 18:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Christiaan Lourens Botha was die Regterpresident van die Oranje-Vrystaat. In 1869 op Kroonstad gebore. Studeer aan die Universiteit Stellenbosch, Amsterdam en Londen, waar hy tot die balie toegelaat is. Hy begin praktiseer in Bloemfontein en was 4 jaar lank burgemeester. Van 1907 tot 1910 was hy lid van die Oranjerivier-kolonie se Wetgewende Vergadering en na Uniewording was hy van 1910 tot 1915 die lid vir Bloemfontein. In 1938 word hy Regter-president van die Vrystaat en tree in 1939 af. Oorlede in 1951.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bosveld-Stollingskompleks
Volgende onderwerp: Botha, Generaal Louis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:12:29 MGT 2024