Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bosvark (Potamochoerus larvatus)
Bosvark [boodskap #121280] So, 25 November 2018 17:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die bosvark.
Die bosvark.
Die bosvark (Potamochoerus larvatus) is 'n veglustige dier wat in baie dele van Suidelike Afrika, van Oos-Kaapland tot in Zimbabwe (Rhodesiƫ) en verder, aangetref word. Hulle hou in dig beboste en moerasagtige gebiede waar hulle kan ronddolwe. Hulle verorber 'n verskeidenheid kosse insluitende reptiele, insekte en eiers. Hulle word tot meer as twee voet hoog en is gewoonlik langer as drie voet. Het redelike lekker vleis en word dikwels gejag. Moenie verwar met vlakvarke nie. Hulle het kleiner slagtande, dikker hare, klossies op die oorpunte en knor soos 'n gewone vark. Hulle is ook meer raserig en hou hulle koppe en sterte in die lug as hulle hardloop, anders as die vlakvark wat sy stert af hou.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bosrank
Volgende onderwerp: Bosveld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:51:58 MGT 2024