Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bosrank
Bosrank [boodskap #121279] So, 25 November 2018 17:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bosrank (genus Clematis) (familie Ranunculaceae). Die naam bobbejaantou ('Traveller's Joy') word gegee aan talle variëteite, insluitend Clematis glancescens, 'n houtklimop wat welig groei oor bosse in Natal en elders. Trosse wit geurige blomme. Die Rhodesiese 'Shock-headed Peter' (Clematopsis scabiosifolis) is 3-4 voet hoog en is bekend vir sy wit veeragtige vrugtehofies. Die klein geel Ranunculus, omtrent 1 voet hoog, wat algemeen op klam plekke aan die Kaap voorkom, en die skaars ligroos en wit Anemone capensis van die Kaapse berghange, behoort aan dieselfde familie.

Ranunculaceae is 'n blomorde, hoofsaaklik onderskeibaar weens sy onbepaalde aantal meeldrade. Kroonblare varieer in aantal en grootte, soms vervang deur die drie of meer helder kelkblare.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bosman, Joseph Jacobus
Volgende onderwerp: Bosvark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:18:29 MGT 2024