Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Boshof, Jacobus Nicolaas
Boshof, Jacobus Nicolaas [boodskap #121275] So, 25 November 2018 15:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jacobus Nicolaas Boshof was die tweede President van die Oranje-Vrystaat. In 1808 naby Swellendam gebore. Begin sy loopbaan in die Kaapse koloniale staatsdiens. Hy besoek die Voortrekkers in Natal in 1838 en skryf 'n verslag oor hulle in die Grahamstown Journal. Die daaropvolgende jaar vestig hy hom in Natal, waar hy voorsitter word van die Republiek Natalia se Volksraad. Na die Britse anneksasie word hy Registrateur en Meester van die Hooggeregshof. In 1854 is die presidentskap van die Vrystaat hom aangebied as opvolger van president Hoffman.

Hy kom te staan voor baie probleme waarvan 'n dreigende Basoeto-oorlog die ergste is. Daarbenewens het die Suid-Afrikaanse Republiek onder president M.W. Pretorius pogings aangewend om die Vrystaat te annekseer. As gevolg van sy steun aan goewerneur sir George Grey se skema om 'n federasie in Suid-Afrika tot stand te bring, word hy ongewild by baie burgers. Hy bedank in 1858 en keer terug na Natal. Was 'n hele paar jaar lank lid van die Wetgewende Raad van dié kolonie. In 1881 naby Pietermaritzburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Boshof
Volgende onderwerp: Bosloerie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:40:15 MGT 2024