Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bosbok (Tragelaphus sylvaticus)
Bosbok [boodskap #121271] So, 25 November 2018 11:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Bosbok.
'n Bosbok.
Die bosbok (Tragelaphus sylvaticus, vroeër T. scriptus) is 'n klein boksoort wat in die Knysnabos en ander bebosde dele van Kaapland en in baie ander gebiede so ver as Oos-Afrika aangetref word. Sy gemiddelde massa is 70 kg en die gemiddelde hoogte is ongeveer 90 cm (3 voet) van die skouer af. Die ram het kort gedraaide horings wat tot 55 cm lank kan word.

Bosbokke verkies digte bosgebiede en rietruigtes langs riviere en word daarom nie maklik raakgesien nie. Die ooie is ses tot sewe maande dragtig, waarna 'n enkele lammetjie in die lente of somer gebore word. Hulle het 'n moontlike lewensduur van nege jaar en word beskou as goeie wildsvleis.

Daar is drie verskillende soorte, die 'Harnessed Bushbuck', hoofsaaklik in Zimbabwe (Rhodesië); die Kaapse bosbok, in Kaapland en Natal, en die Gordon-Cummingse bosbok in Transvaal en Zimbabwe.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Borrow, Kaptein Henry John
Volgende onderwerp: Bosbou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:08:09 MGT 2024