Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Boonzaier, Daniël Cornelis
Boonzaier, Daniël Cornelis [boodskap #121265] So, 25 November 2018 11:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Daniël Cornelis Boonzaier (1865-1950), bekend as D.C. Boonzaier of D.C. Boonzaaier, was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en spotprenttekenaar. Op 11 November 1865 naby Carnarvon, Kaapprovinsie, gebore. Ten spyte van die uiterste armoede het hy daarin geslaag om geleerdheid te kry. Hy is in die Kaapse staatsdiens aangestel en het gou 'n kunstenaarsaanleg geopenbaar wat waardering selfs ver buite Suid-Afrika uitgelok het, hoewel hy self nooit oorsee was nie. Sy beroemdheid het hy hoofsaaklik te danke aan 'n merkwaardige reeks karikature en politieke spotprente wat oor 'n tydperk van 50 jaar strek. Van 1914 tot 1940 was hy spotprenttekenaar van Die Burger, maar van sy werk het ook in ander publikasies insluitende The Cape en The Owl, verskyn. Onder sy beroemde skeppings was die figuur van die miljoenêr, Hoggenheimer, as die inkarnasie van die Johannesburgse mynmagnaat, en die bobbejaan (Kees) op sy paal, wat Suid-Afrika simboliseer. Oorlede in 1950.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Boomvaring
Volgende onderwerp: Boonzaier, Gregoire
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:13:01 MGT 2024